Sondag 19 Augustus 2018

Week 2 van WIL

Die afgelope week wat verby is, was baie besig. Ek het heel week net vir my mentor onderwyser vraestelle getik vir die opkomende assessering. Alhoewel dit nou nie eintlik iets was wat ek gedink het ek gaan moet doen nie het ek werklik baie geleer.

Donderdag die eerste periode het die hele grondslagfase gewyde sang gehad . Gewyde sang is wanneer die leerders liedjies in die saal gaan sing wat met 'n klavier begelei word. Voordat die leerders begin sing het, het hulle oulike asemhalings en ritme oefeninge gedoen. Leerders moes hul asem ophou en dinge doen soos glimlag, tong uitsteek ens. voordat hulle kom uitasem. Leerders moes ook maak of hulle 'n ballon opblaas, en dan die ballon laat gaan en die selfde geluid maak soos wanneer mens 'n opgeblaasde ballon laat gaan. Die ander oefeninge wat die leerders gedoen het, was soortgelyk aan die oefening wat ons die eerste keer in die LSKM klas gedoen het. Die onderwyser het haar hande geklap en die leerders moes geluister het sodat hulle dieselfde kon doen. Daarna het al die leerders baie lekker saamgesing.

Vir die week wat voorlĂȘ, beplan ek om al my ander lesse aan te bied. Dit sluit in 'n wiskunde les oor tyd, lewensvaardigheid les oor die ruimte, Engels Eerste Addisionele Taal les oor Tenses en 'n Afrikaanse les oor verkleinwoorde, antonieme en afkortings.  

Saterdag 11 Augustus 2018

Week 1 van WIL


Graad 3 lewensvaardigheid les oor die watersiklus.
  
Aan die begin van die les het ek 'n vraag en antwoord sessie met die leerders gehou om uit te vind wat hulle van water weet.Ons het toe die belangrike aspekte van watergebruike hersien. Ek het oulike prente vir die leerders gewys.


 
















Daarna het ek vir hulle die watersiklus verduidelik met behulp van 'n Powerpoint aanbieding en hulle het 'n aktiwiteit voltooi, waar hulle die korrekte proses by die korrekte nommer moes pas op die prentjie.



Ek het op 'n oulike liedjie/ video afgekom op Youtube van die watersiklus, alhoewel dit in Engels is, dink ek dit is baie waardevol vir die leerders om ook die belangrike terme van die watersiklus in Engels te leer ken. Daar was ongelukkig nie tyd om die video vir hulle te speel nie, maar ek hoop om dit Maandag vir hulle te wys. My plan is dat die leerders moet opstaan, saamsing en dans. Ek weet hulle gaan baie daarvan hou en die hele watersiklus makliker kan onthou. Die ander bonus is natuurlik dat hulle Engelse woordeskat ook sommer uitgebrei gaan word.