Sondag 19 Augustus 2018

Week 2 van WIL

Die afgelope week wat verby is, was baie besig. Ek het heel week net vir my mentor onderwyser vraestelle getik vir die opkomende assessering. Alhoewel dit nou nie eintlik iets was wat ek gedink het ek gaan moet doen nie het ek werklik baie geleer.

Donderdag die eerste periode het die hele grondslagfase gewyde sang gehad . Gewyde sang is wanneer die leerders liedjies in die saal gaan sing wat met 'n klavier begelei word. Voordat die leerders begin sing het, het hulle oulike asemhalings en ritme oefeninge gedoen. Leerders moes hul asem ophou en dinge doen soos glimlag, tong uitsteek ens. voordat hulle kom uitasem. Leerders moes ook maak of hulle 'n ballon opblaas, en dan die ballon laat gaan en die selfde geluid maak soos wanneer mens 'n opgeblaasde ballon laat gaan. Die ander oefeninge wat die leerders gedoen het, was soortgelyk aan die oefening wat ons die eerste keer in die LSKM klas gedoen het. Die onderwyser het haar hande geklap en die leerders moes geluister het sodat hulle dieselfde kon doen. Daarna het al die leerders baie lekker saamgesing.

Vir die week wat voorlĂȘ, beplan ek om al my ander lesse aan te bied. Dit sluit in 'n wiskunde les oor tyd, lewensvaardigheid les oor die ruimte, Engels Eerste Addisionele Taal les oor Tenses en 'n Afrikaanse les oor verkleinwoorde, antonieme en afkortings.  

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking