Die waarde wat musiek het op die holistiese ontwikkeling van Grondslagfase leerders.
Grondslagfase leerders gaan deur verskeie
ontwikkelingsfases bekend as die holistiese ontwikkeling en dit sluit die
volgende in:
- Fisiese ontwikkeling bv. fyn en groot motoriese vaardighede.
- Kognitiewe ontwikkeling wat konkrete denke insluit.
- Taalontwikkeling wat bydra tot die aanleer van woordeskat om effektief te kan kommunikeer en wat bydra tot akademiese prestasie.
- Persoonlikheid ontwikkeling asook emosionele ontwikkeling.
- Sosiale ontwikkeling bv. interaksie met maats.
Hoe musiek kan bydra tot die leerders se holistiese
ontwikkeling
Fisiese
ontwikkeling: Wanneer leerders dans terwyl hulle na musiek luister of wanneer
hulle sing bevorder die verskillende bewegings die leerders se fyn en groot
motoriese vaardighede. Dit is vir die leerders lekker en tog leer hulle hoe om
hulle liggaam te beweeg en te beheer sonder dat hulle daarvan bewus is.
Kognitiewe
ontwikkeling dit is
denke, kinders leer dink oor verskillende klanke hulle leer van instrumente en
die klanke wat instrumente maak ens.
Taalontwikkeling:
Wanneer
leerders 'n liedjie sing is daar natuurlik een of ander taal betrokke en so
ontwikkel kinders se taal en waardeskat in die Huistaal of addisionele taal
afhangende van die liedjie.
Emosionele
ontwikkeling: Musiek
help leerders om bewus te raak van verskillende emosies, leerders kan ook konneksies
vorm tussen verskillende tipes musiek en emosies. Die aktiwiteit wat ons in die
klas gedoen het waar ons 'n prentjie moes teken van ons gevoelens terwyl ons na
die musiek geluister het, is ook baie oulik om in die Grondslagfase klaskamer
te gebruik.
Sosiale
ontwikkeling: Wanneer maatjies saam dans en sing leer hulle ook sosiale vaardighede
aan. Leerders kan ook van verskillende maats in die klas se tale en kulture
leer wanneer maats met mekaar praat oor die tipe musiek, bewegings en liedjies
wat in hul kulture voorkom
Ek glo
dit is so belangrik dat musiek aktiwiteite nie net in Lewensvaardighede as vak
gebruik moet word nie, maar dat dit ook in ander vakke gebruik moet word. Die
musiek aktiwiteite moet regdeur 'n les geïntegreer word terwyl elke aktiwiteit
so beplan word om by te dra tot die holistiese ontwikkeling van elke leerder in
die klas.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking