Die ervarings en reaksie op musiek in die
Grondslagfase.
In die
grondslagfase is dit belangrik om die musiek aktiwiteite so te beplan dat dit
geskik is vir die vlak en graad van die leerders. Daar is 'n hele klomp
elemente wat met musiek verband hou en as daar kreatief gedink word deur die
onderwyser kan sy van die regte hulpmiddels gebruik maak om 'n aktiwiteit of
les uit te werk vir elk van die elemente.
Die elemente van musiek en eenvoudige aktiwiteite
sluit in:
Metrum: Dit is niks anders as die beat
van 'n liedjie nie, Kinders kan 'n aktiwiteit doen waar hulle die beat met hul
voete moet stamp dit is eenvoudig omdat die beat heeltyd konstant bly soos bv.
jou hartklop.
Ritme: Die ritme is nie konstant nie en
die leerders kan hul hande gebruik om die ritme te klap en verskillende
bewegings met die hande te doen wat by die ritme pas. Amper soos die
aktiwiteite wat ons in die klas gedoen het.
Melodie: Dit is die toonhoogte bekend as do,
re, me, fa, so, la, ti, do. Dit is so oulik om dit vir die leerders op
dieselfde manier te leer soos ons dit ook in die klas gedoen het met die handseine
op die verskillende hoogtes om elkeen van die toonhoogtes aan te dui.
Tempo: Dit is hoe vinnig of stadig die
musiek is, dit sal oulik wees om 'n liedjie vir leerders te speel waar leerders
dan stadig moet loop as die musiek stadig is en vinnig op een plek moet rond
trippel wanneer die musiek vinnig is.
Dinamiek:
Dit is
hoe hard en sag die musiek is. Vir 'n aktiwiteit wat verband hou met dinamiek
kan daar weereens vir leerders 'n liedjie gespeel word en die leerders kan shackers
wat hulle self gemaak het skud sodat dit by die musiek pas bv. hul skud die
shackers hard wanneer die musiek hard is en wanneer die musiek sag is skud hul
dit saggies.
Tekstuur:
'n
Voorbeeld daarvan is wanneer leerders in groepe van 2 of 3 verdeel word en die
eerstegroep begin 'n liedjie sing dan val die tweede groep in en begin die
liedjie sing en daarna val die derde groep in en sing die liedjie, m.a.w. almal
sing verskillende woorde op verskillende tye.
Dit is
baie effektief om van instrumente soos schakers, boomwhackers en driehoekies
gebruik te maak in die Grondslagfase klaskamer omdat alle leerders in staat is
om dit te kan gebruik ongeag hul ouderdom en vaardighede. Dit is eenvoudige
instrumente wat net geskud of geslaan hoef te word om 'n klank te maak. 'n
Bonus is dat van hierdie instrumente baie koste effektief is en self gemaak kan
word.
Soos vroeƫr
genoem kan bewegings bydra tot die leerders se motoriese ontwikkeling. 'n Ander
eenvoudige, maar belangrike ding is liggaam perkussie, dit is wanneer die
liggaam gebruik word om bv. 'n klank te maak soos om teen jou bene te slaan.
Dit sluit aan by beweging en dans wat noodsaaklik is vir kinders se motoriese
ontwikkeling.
Sang maak
ook 'n groot deel uit van musiek en is veral belangrik in die Grondslagfase. Om
te sing het baie waarde as dit kom by leerders se taalontwikkeling, uitspraak,
woordeskat en singkonstruksie. Voor leerders kan begin sing moet hul eers die
woorde van liedjies leer. Leerders kan slegs die woorde van liedjies leer
wanneer die liedjie opgebreek word in kleiner eenhede en dan word die woorde
stadig en stukkie vir stukkie vir die leerders geleer.
Musiek is
van waarde en hou groot voordele in vir leerders en hul ontwikkeling.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking