Beplanning van 'n musiek les.
Tydens
lesplanning is dit belangrik om te onthou dat die les 'n sekere volgorde
bestaan bekend as die inleiding, aanbieding en die afsluiting.
Die inleiding
moet kreatief wees, leerders opgewonde maak en hul aandag trek. Dit dien as 'n
ysbreker en moet begin by iets eenvoudig. Die inleiding is ook meer onderwyser
gesentreerd.
Die
aanbieding moet begin by iets eenvoudig en spesifiek waarop daar gebou kan word
en die musiek aktiwiteite moet so beplan word dat dit leerders se aktiewe
deelname kan verseker.
Die
afsluiting moet die inleiding en aanbieding komplimenteer dit moet 'n
versterking en hersiening wees van dit wat geleer is. Hierdie gedeelte van
die les moet leerdergesentreerd wees.
In die
Grondslagfase klaskamer is dit 'n goeie idee om die musiek lesse speel georiënteerd
te hou, waar leerders aktief betrokke kan wees deur te speel, te sing en rond
te beweeg. Die les moet ook voorsiening maak om die verskillende sintuie van
die leerders in te span om optimale leer te verseker.
Die
onderwyser moet tydens beplanning voorsiening maak vir moontlike hulpbronne en
instrumente wat nodig sal wees en hoe dit gebruik gaan word om by te dra tot
die sukses van die les. Die les moet beplan en gerig wees op, dit wat die
onderwyser verwag van die leerders teen die einde van die les. Tydens die aanbieding
van die les kan daar moontlik uitdagings voorkom en moet daar voorsiening
gemaak word om hierdie uitdagings die hoof te bied of die les te verander om by
die hindernisse aan te pas.
Na elke
les moet die onderwyser refleksie doen om te bepaal wat goed gewerk het en wat
nie so goed gewerk het nie, om in die toekoms veranderinge en verbeteringe aan
te bring.