Woensdag 10 Oktober 2018

Leereenheid 5

Beplanning van 'n musiek les.

Tydens lesplanning is dit belangrik om te onthou dat die les 'n sekere volgorde bestaan bekend as die inleiding, aanbieding en die afsluiting. 

Die inleiding moet kreatief wees, leerders opgewonde maak en hul aandag trek. Dit dien as 'n ysbreker en moet begin by iets eenvoudig. Die inleiding is ook meer onderwyser gesentreerd.

Die aanbieding moet begin by iets eenvoudig en spesifiek waarop daar gebou kan word en die musiek aktiwiteite moet so beplan word dat dit leerders se aktiewe deelname kan verseker.

Die afsluiting moet die inleiding en aanbieding komplimenteer dit moet 'n versterking en hersiening wees van dit wat geleer is. Hierdie gedeelte van die les moet leerdergesentreerd wees. 

In die Grondslagfase klaskamer is dit 'n goeie idee om die musiek lesse speel georiënteerd te hou, waar leerders aktief betrokke kan wees deur te speel, te sing en rond te beweeg. Die les moet ook voorsiening maak om die verskillende sintuie van die leerders in te span om optimale leer te verseker.

Die onderwyser moet tydens beplanning voorsiening maak vir moontlike hulpbronne en instrumente wat nodig sal wees en hoe dit gebruik gaan word om by te dra tot die sukses van die les. Die les moet beplan en gerig wees op, dit wat die onderwyser verwag van die leerders teen die einde van die les. Tydens die aanbieding van die les kan daar moontlik uitdagings voorkom en moet daar voorsiening gemaak word om hierdie uitdagings die hoof te bied of die les te verander om by die hindernisse aan te pas.

Na elke les moet die onderwyser refleksie doen om te bepaal wat goed gewerk het en wat nie so goed gewerk het nie, om in die toekoms veranderinge en verbeteringe aan te bring.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking