LSKM 211 klas 2
Ek was
baie nuuskierig om uit te vind waarvoor die gekleurde pype is. Dit was vir my
baie lekker om die ander se kommentaar te hoor nadat ons na die musiekstuk
geluister het en dit was vir my interessant om te hoor dat ander ook min of meer
die musiek op dieselfde manier as ek ervaar het.
Die
aktiwiteit met die boomwhackers was vir my baie oulik, ek voel dit is 'n
eenvoudige instrument wat enige iemand kan gebruik sonder dat jy enigiets van
musiek hoef te weet. Ek voel die aktiwiteit het waarde vir my as onderwyser
gehad dit was nie net lekker nie maar dit was ook nodig om te konsentreer en te
fokus wanneer om die boomwhacker te slaan. Vir die Grondslagfase leerders sal
dit ook van waarde wees, omdat dit al die leerders betrek nie net die wat goed
is met musiek nie almal kan dit saam doen en geniet. Dit bevorder ook
inklusiwiteit van leerders met verskillende vermoëns en vaardighede. Alle
leerders in die klas kan deelneem aan soortgelyke aktiwiteite ongeag hul
kultuur, taal, geloof, ras, geslag so word multikulturaliteit ook aangeraak.
Deur die leerders in groepe te verdeel gee mens vir hulle die geleentheid om te
voel dat hulle iewers hoort, niemand sal uitgesluit voel nie. Dit dra ook by
tot die leerder se holistiese ontwikkeling bv.
Sosiale
en emosionele ontwikkeling: Leerders maak nuwe maats, hulle leer hoe om te
kommunikeer, die musiek help hulle om te ontspan en hulle ervaar ʼn emosie van
genot.
Persoonlike
ontwikkeling: Leerders se selfbeeld en selfvertroue verbeter, omdat hulle voel
hulle kan ook ʼn instrument speel.
Fisiese
ontwikkeling: Die leerders beweeg rond en so ontwikkel hulle groot motoriese
vaardighede.
Kognitiewe
ontwikkeling: Die leerders moet op ʼn kritiese manier dink om die aktiwiteit op
die regte manier uit te voer.
In die
klas het ons ook gepraat oor kunste integrasie, volgens my verwys kunste
integrasie na die gebruik van enige vorm van kuns bv. musiek, regdeur die
kurrikulum om die leerders te help om ʼn konsep makliker te verstaan en te
onthou. Die gebruik van musiek in ander vakke sal leerders motiveer om deel te
neem en die vak te geniet. Uit eie ondervinding weet ek dat om iets te leer met
die gebruik van ʼn liedjie help dit leerders om dit langer te onthou, beter te
verstaan en te leer op ʼn manier wat vir mens lekker is. Dus sal dit steeds ʼn
impak op leerders hê selfs nadat die les aangebied is.Klas twee
was vir my baie lekker en ek sal graag eendag boomwhackers vir my klas wil
aanskaf.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking