Woensdag 10 Oktober 2018

Leereenheid 5

Beplanning van 'n musiek les.

Tydens lesplanning is dit belangrik om te onthou dat die les 'n sekere volgorde bestaan bekend as die inleiding, aanbieding en die afsluiting. 

Die inleiding moet kreatief wees, leerders opgewonde maak en hul aandag trek. Dit dien as 'n ysbreker en moet begin by iets eenvoudig. Die inleiding is ook meer onderwyser gesentreerd.

Die aanbieding moet begin by iets eenvoudig en spesifiek waarop daar gebou kan word en die musiek aktiwiteite moet so beplan word dat dit leerders se aktiewe deelname kan verseker.

Die afsluiting moet die inleiding en aanbieding komplimenteer dit moet 'n versterking en hersiening wees van dit wat geleer is. Hierdie gedeelte van die les moet leerdergesentreerd wees. 

In die Grondslagfase klaskamer is dit 'n goeie idee om die musiek lesse speel georiƫnteerd te hou, waar leerders aktief betrokke kan wees deur te speel, te sing en rond te beweeg. Die les moet ook voorsiening maak om die verskillende sintuie van die leerders in te span om optimale leer te verseker.

Die onderwyser moet tydens beplanning voorsiening maak vir moontlike hulpbronne en instrumente wat nodig sal wees en hoe dit gebruik gaan word om by te dra tot die sukses van die les. Die les moet beplan en gerig wees op, dit wat die onderwyser verwag van die leerders teen die einde van die les. Tydens die aanbieding van die les kan daar moontlik uitdagings voorkom en moet daar voorsiening gemaak word om hierdie uitdagings die hoof te bied of die les te verander om by die hindernisse aan te pas.

Na elke les moet die onderwyser refleksie doen om te bepaal wat goed gewerk het en wat nie so goed gewerk het nie, om in die toekoms veranderinge en verbeteringe aan te bring.

Maandag 08 Oktober 2018

Leereenheid 3

 Musikale spel in die Grondslagfase

Om te speel, maak 'n groot deel uit van kinders se lewens en is baie belangrik vir hulle ontwikkeling. Musikale spel is speletjies waar;
·         leerders iets aktief doen.
·         daar 'n vorm van musiek betrokke is bv. sang, dans, verskillende vorms van instrumente soos perkussie instrumente, selfgemaakte instrumente of "find" instrumente.
·        leerders hulself kan geniet en vry voel om deel te neem.
Musikale spel moet eienskappe van spel insluit d.w.s. dit moet vir die leerders lekker wees om aan die speletjie deel te neem, leerders moet gewillig wees om saam te speel en daar moet duidelike reƫls wees van hoe die speletjie werk.

Om met instrumente te speel vorm deel van musikale spel en dit is belangrik dat Grondslagfase leerders daaraan blootgestel word. Dit het baie voordele en help leerders met die ontwikkeling van gehoor om verskillende klanke te kan beskryf en te kan identifiseer. Wanneer leerders met instrumente werk of speletjies speel met instrumente leer hulle hoe om respek en waardering vir instrumente te hĆŖ, asook hoe om die instrumente op te pas, te hanteer en te bĆŖre.

Musikale spel help ook met die aanleer van verskillende vaardighede wat bydra tot leerders se holistiese ontwikkeling en het 'n positiewe invloed in die multikulturele klaskamer. Sekere speletjies help met middellyn kruising, koƶrdinasie, fyn en groot motoriese ontwikkeling, probleemoplossing ens. Leerders se selfvertroue ontwikkel, daar vind interaksie tussen leerders plaas, almal kry gelyke geleentheid niemand word uitgesluit op grond van vaardighede, taal of ras nie en die verskillende ervarings help dat daar internalisering van konsepte en vaardighede plaasvind.

Daar is 'n verskeidenheid van musikale speletjies wat gespeel kan word. Die speletjie wat ons gespeel het tydens klas, met die klippie was baie oulik. Dit sal dalk beter wees om iets groter as klippies te gebruik vir Grondslagfase leerders soos stokkies wat hul makliker sal kan hanteer. Die onderwyser kan ook speletjies uitdink of bestaande speletjies aanpas om by die musiek en les te pas solank die speletjies 'n doel het, pret is, goeie en duidelike reĆ«ls het sodat die grondslagfase leerders presies weet wat van hul verwag word en verseker dat al die leerders 'n gelyke kans kry om vrywilliglik deel te neem kan dit gespeel word as ʼn musikale speletjie.




Donderdag 27 September 2018

Leereenheid 4

Kunste integrasie in die Grondslagfase.

Om kuns in die kurrikulum te integreer is nie net om dit in die vak Lewensvaardigheid aan te bied nie, maar om kuns soos drama, musiek ens. ook in ander vakke te gebruik om leerders te help om die vak te geniet om op 'n lekker manier te kan leer sonder om net stil te sit en passief te wees. 
Daar is baie voordele om kuns regdeur die kurrikulum te integreer, dit bevorder leerders se deelname en motiveer leerders en dit bevorder akademiese prestasie. Dit het 'n groter effek op leerder se konsentrasie en help leerders om inligting vinniger en makliker in die langtermyn geheue te stoor en om makliker assosiasies te maak.

Kuns soos musiek het ook baie voordele en waarde in die multikulturele klaskamer omdat dit kinders help om kennis en vaardighede aan te leer. Die multikulturele klaskamer is 'n omgewing waar alle rasse en kulture met dieselfde waardigheid, respek en regverdigheid behandel word. Om kinders van vroeg af bloot te stel aan verskillende tipes musiek is 'n fantastiese geleentheid om hulle bewus te maak van diversiteit en verskillende kulture in die klaskamer, asook om hul te leer om respek en waardering te hĆŖ vir mense en dinge wat anders is. Dit help kinders om ook bewus te raak van die wĆŖreld waarin hulle leef en wat rondom hul gebeur.

Inklusiewe onderwys, is die proses waar gehalte onderwys aan alle leerders verskaf word terwyl daar respek is vir leerders met verskillende vermoĆ«ns, behoeftes en leer eienskappe asook waar alle vorms van diskriminasie uitgeskakel word. Inklusiwiteit voorsien ook in alle behoeftes van leerders hetsy dit fisiese uitdagings, sosiale agterstande, kulturele verskille of enige leergestremdheid is. Dit is so belangrik om musiek onderrig in klaskamers te gebruik omdat dit ook bydra om inklusiwiteit en natuurlik die holistiese ontwikkeling van leerders te bevorder. 

Dit bly steeds die onderwyser se plig om die musiek aktiwiteite so te beplan as deel van Lewensvaardigheid, maar ook ander vakke om 'n waardevolle bydrae te lewer tot die multikulturele klaskamer en inklusiewe onderwys. Die beplanning van hierdie tipe aktiwiteite moet nie net as 'n verantwoordelikheid gesien word nie, maar as 'n voorreg om jou kennis as onderwyser so te gebruik om 'n waardevolle bydrae te lewer om leerders te ondersteun en te help ontwikkel sodat elkeen sy/haar volle potensiaal kan bereik.

Leereenheid 2

Die ervarings en reaksie op musiek in die Grondslagfase.
In die grondslagfase is dit belangrik om die musiek aktiwiteite so te beplan dat dit geskik is vir die vlak en graad van die leerders. Daar is 'n hele klomp elemente wat met musiek verband hou en as daar kreatief gedink word deur die onderwyser kan sy van die regte hulpmiddels gebruik maak om 'n aktiwiteit of les uit te werk vir elk van die elemente. 

Die elemente van musiek en eenvoudige aktiwiteite sluit in:
Metrum: Dit is niks anders as die beat van 'n liedjie nie, Kinders kan 'n aktiwiteit doen waar hulle die beat met hul voete moet stamp dit is eenvoudig omdat die beat heeltyd konstant bly soos bv. jou hartklop.
Ritme: Die ritme is nie konstant nie en die leerders kan hul hande gebruik om die ritme te klap en verskillende bewegings met die hande te doen wat by die ritme pas. Amper soos die aktiwiteite wat ons in die klas gedoen het.
Melodie: Dit is die toonhoogte bekend as do, re, me, fa, so, la, ti, do. Dit is so oulik om dit vir die leerders op dieselfde manier te leer soos ons dit ook in die klas gedoen het met die handseine op die verskillende hoogtes om elkeen van die toonhoogtes aan te dui.
Tempo: Dit is hoe vinnig of stadig die musiek is, dit sal oulik wees om 'n liedjie vir leerders te speel waar leerders dan stadig moet loop as die musiek stadig is en vinnig op een plek moet rond trippel wanneer die musiek vinnig is.
Dinamiek: Dit is hoe hard en sag die musiek is. Vir 'n aktiwiteit wat verband hou met dinamiek kan daar weereens vir leerders 'n liedjie gespeel word en die leerders kan shackers wat hulle self gemaak het skud sodat dit by die musiek pas bv. hul skud die shackers hard wanneer die musiek hard is en wanneer die musiek sag is skud hul dit saggies.
Tekstuur: 'n Voorbeeld daarvan is wanneer leerders in groepe van 2 of 3 verdeel word en die eerstegroep begin 'n liedjie sing dan val die tweede groep in en begin die liedjie sing en daarna val die derde groep in en sing die liedjie, m.a.w. almal sing verskillende woorde op verskillende tye.

Dit is baie effektief om van instrumente soos schakers, boomwhackers en driehoekies gebruik te maak in die Grondslagfase klaskamer omdat alle leerders in staat is om dit te kan gebruik ongeag hul ouderdom en vaardighede. Dit is eenvoudige instrumente wat net geskud of geslaan hoef te word om 'n klank te maak. 'n Bonus is dat van hierdie instrumente baie koste effektief is en self gemaak kan word.

Soos vroeƫr genoem kan bewegings bydra tot die leerders se motoriese ontwikkeling. 'n Ander eenvoudige, maar belangrike ding is liggaam perkussie, dit is wanneer die liggaam gebruik word om bv. 'n klank te maak soos om teen jou bene te slaan. Dit sluit aan by beweging en dans wat noodsaaklik is vir kinders se motoriese ontwikkeling.

Sang maak ook 'n groot deel uit van musiek en is veral belangrik in die Grondslagfase. Om te sing het baie waarde as dit kom by leerders se taalontwikkeling, uitspraak, woordeskat en singkonstruksie. Voor leerders kan begin sing moet hul eers die woorde van liedjies leer. Leerders kan slegs die woorde van liedjies leer wanneer die liedjie opgebreek word in kleiner eenhede en dan word die woorde stadig en stukkie vir stukkie vir die leerders geleer.

Musiek is van waarde en hou groot voordele in vir leerders en hul ontwikkeling.